Our

Stories

Ons steek kers op by IWA

e66 iwaJurgen Cronjé, Senior Bestuurder; Dawie Oosthuizen, Senior Aankoper en Guido Brüesselbach, Operasionele bestuurder van Agra Wapens, Ammunisie en Buitelug (WAB) het van 4 - 7 Maart die "IWA Outdoor Classics 2015" in Nuremburg, Duitsland bygewoon.

IWA (Internationale Waffen Ausstellung) is 'n internasionale wapenuitstalling wat jaarliks aangebied word vir handelaars uitsluitlik en word beskou as die voorste uitstalling vir jaggewere, skietsport, buitelug en sekuriteitstoerusting. Van die 42 skoue wat reeds aangebied is, het Rosenthal, wat nou deel is van Agra WAB, 41 skoue bygewoon.

Die skou het hierdie jaar 1 383 uitstallers gehad en meer as 40 000 besoekers van wapen-en buitelughandelaars oraloor die wêreld. Die doel van die Agra WAB span se besoek was om met bestaande verskaffers te skakel asook nuwe produkte te werf vir die handelaars van die afdeling, Safari Den, Rosenthal, Rosenthal Kaap en Safari Guns.

'n Toekenning is deur Sightron aan Agra oorhandig. Sightron is 'n verskaffer van geweerteleskope en hul produkte is te koop hoofsaaklik in Safari Den, maar is ook by die ander handelaars van die afdeling en by Agra takke beskikbaar. Agra het die toekenning ontvang vir die groei in verkope van Sightron teleskope.